Agtergrond

Agtergrond

SuproNet is in 2001 gestig om kleiner organisasies van ‘n eenstopdiens met betrekking tot ontwikkeling, huisves, instandhouding, bywerk en bemarking van hulle Webwerf en Internetteenwoordigheid te voorsien. Terselfdertyd word hulle van raad bedien oor hoe om ten beste van die Internet gebruik te maak.

SuproNet glo dat kleiner besighede ten beste bedien kan word met ‘n eenstopdiens van hoë gehalte teen mededingende pryse. Ons glo dat ‘n eenvoudige, bekostigbare webwerf steeds professioneel en van hoë gehalte moet wees. Die inhoud en funksies van die Webwerf moet doelgemaak word vir die aard en omstandighede van die eienaar en sy teikenmark. Hierdie benadering is ook van toepassing op die ontwikkeling van webwerwe vir groter organisasies.

Die diens wat SuproNet lewer is gegrond op ‘n begrip vir die behoeftes en beperkings van besighede, veral die beperkings waaraan klein besighede onderhewig is, en ons indiepte kennis van die Internet. Hoewel ons opgewonde raak oor nuwe tegnologie, gebruik ons dit nie net omdat ons kan nie. Ons glo dat tegnologie gebruik kan word om ‘n behoefte te bevredig of ‘n probleem op te los en soek nie probleme om by die tegnologie (“oplossing”) te pas nie.

Ons is uiters gesteld op gehalte. Hoewel ons graag van subkontrakteurs gebruik maak, sal ons die werk nie uitkontrakteer indien dit ‘n produk van minderwaardige gehalte vir ons kliënte tot gevolg sal hê nie.

SuproNet is ‘n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste wat in 1990 tot stand gekom het en sedert 1994 betrokke is in die IT bedryf.

Hoewel ons nie voor 2001 ons dienste as ontwerpers van webwerwe aktief bemark het nie, het ons tog, op versoek, ‘n paar webwerwe ontwikkel. Ons ontwikkel al sedert 1997 webwerwe en het saam met die gebruik van die Internet in Suid-Afrika gegroei en ontwikkel.

As besigheid binne Centurion se grense is ons fokus op die omgewing waar dit makliker is om ‘n persoonlike diens te lewer. Ons kan egter dienste lewer aan enige kliënt in Suid-Afrika of in die buiteland.

Jou een-stop-oplossing vir grafiese ontwerp, webwerwe en ander bemarking.

DIENSTE

Rigting

Eindbestemming

Boodskap

Ontwerp
+ Ontwikkeling
+ Funksie


 Interaktiewe Kommunikasie