SuproNet is op soek na ‘n skeppende en dinamiese persoon wat deel wil wees van ‘n klein, groeiende ontwerps- en ontwikkelingsbesigheid as bemarkingskonsultant. Die ideale kandidaat sal in staat wees om al die verantwoordelikehede hieronder te aanvaar en dit foutloos te kan uitvoer. Ons sal egter kandidate oorweeg wat dalk net sommige van hierdie verantwoordelikhede baie goed kan uitvoer. Kontak ons asseblief indien jy jouself êrens in hierdie beskrywing sien.
Verantwoordelikhede
Skep en kwalifiseer verkoopsgeleenthede
Verkry en ontwikkel kliëntverwysings
Ontwikkel ‘n verwysingsnetwerk
Ontwikkel strategieë en aksieplanne vir verkope
Skeduleer verkoopsaktiwiteite
Ontwikkel en hou ‘n kliëntdatabasis in stand
Besoek nuwe en bestaande kliënte
Onderhandel met kliënte
Ontwikkel verkoopsvoorstelle
Berei verkoopskontrakte voor en bied dit aan
Onderhou rekords van verkoopsaktiwiteite en berei verkoopsverslae voor
Reageer op verkoopsnavrae en bekommernisse per telefoon, elektronies en persoonlik
Verseker kliëntedienstevredenheid en goeie kliëntverhoudings
Volg op m.b.t. verkoopsaktiwiteite
Meet en lewer verslag oor verkoopsaktiwiteite en opvolgaksies aan bestuur
Sleutelvaardighede
Beplanning en strategiese denke
Oorredingsvermoeë
Aanpasbaarheid
Mondelinge en skriftelike kommunikasie
Onderhandelingsvaardighede
Veerkragtigheid en volharding
Hantering van spanning (“stress”)
Doelwitgedrewe
Vereistes
Minstens 2 jaar in advertensiewese of direkte verkope
Uitstekende kommunikasievaardighede, vaardig in ten minste Afrikaans en Engels
Verkope- en bemarkingskwalifikasies
Eie vervoer
Verkope-ervaring in die grafiese en webontwerpnywerheid sal voordelig wees
Kennis van tersaaklike rekenaartoepassings: MS Word, MS Excel
Kennis van Adobe Creative Suite sal voordelig wees
Kennis van die beginsels en praktyk van verkope
Kennis van die beginsels van kliëntediens
Begrip van die grafiese ontwerp- en aanlynwêreld
Ervaring met lewer van aanbiedings
Vergoeding
Onderhandelbaar en afhanklik van jou stel vaardighede en tot watter mate jy die hele pos kan vul.