Portefeulje

‘n Paar onlangse projekte hieronder.

Laerskool Hennopspark

SuproNet het in 2003 die eerste keer ‘n webwerf vir Laerskool Hennopspark ontwikkel en dit sedertdien ondersteun. Die webwerf is gereeld bygewerk en ‘n paar keer herontwerp. Vroeg in 2015 is besluit dat ‘n algehele herontwerp nodig was om ‘n vars, moderne baie meer visuele gevoel aan die webwerf te verleen en om dit mobielvriendelik te maak. Die konsepte vir meeste van die foto’s wat in die webwerf se baniere gebruik word, is deur SuproNet ontwikkel en deur SuproNet geneem en verwerk.

Dr Sarel Botha

Die kaak- en mondsjirurgiese praktyk van Dr. Sarel Botha het SuproNet genader om ‘n webwerf te ontwerp en te bou om ‘n bestaande een, wat op ‘n selfbouplatform geskep is, te vervang. Die praktyk het ‘n sterk en unieke visuele karakter wat as inspirasie vir die ontwerp van die webwerf gedien het. SuproNet het ook die logo herontwerp deur dit te vereenvoudig en terselfdertyd elemente wat die fokus van die praktyk symboliser, in te sluit.

EasyClean Group

SuproNet het ‘n lang verhouding met die eienaar van die EasyClean Group en was betrokke by die groep byna vanaf die ontstaan daarvan. EasyClean het ‘n goedgedefinieerde idee gehad van die voorkoms ne gevoel wat die webwerf moes hê en SuproNet het dit vir hulle geskep. Die webwerf bevat ook doelgemaakte funksionaliteit vir die registrasie van waarborge en outomatiese skep en stuur van waarborgsertifikate aan kliënte.

Clubview Tennis Club

Clubview tennisklub het besluit om ‘n verouderende webwerf te vervang met ‘n nuwe een wat deur SuproNet gebou sou word. Nadat die aanvanklike spesifikasies opgestel is, het die klub begin met ‘n omvattende hernuwingsstrategie en het SuproNet ‘n nuwe logo, korporatiewe identiteit en naam- en kennisgewingsborde ontwikkel en gehelp met kommunikasie vir die herbekendstellingsgeleentheid. Die nuwe webwerf weerspieël die nuwe, energieke klub en bevat foto’s deur SuproNet.

Webontwerp & Ontwikkeling

Logo-ontwerp