Webontwerp & Ontwikkeling

Webontwerp & Ontwikkeling

SuproNet verskaf webverwante dienste wat sterk vanaf domeinregistrasie tot webhuisvesting, ontwerp en ontwikkeling, aanlynbemarking en bestuur (insluitende sosiale media), ontleding en verslaggewing, en onderhoud en bywerk. Dit word ondersteun deur ‘n sterk grafiese ontwerpsvermoeë.

DOMEINREGISTRASIE

‘n Teenwoordigheid op die web begin gewoonlik met die registrasie van ‘n domeinnaam van jou keuse, bv. www.joudomein.co.za.

SuproNet kan jou besigheid se naam of ‘n afgeleide daarvan registreer:

  • As adres vir jou webwerf.
  • Om te gebruik as e-posadres. Dit bied ‘n meer professionele beeld as die gebruik van algemene adresse soos gmail of die adres wat deur jou Internetdiensverskaffer (“ISP”) verskaf word. Dit adverteer ook jou besigheid met elke e-pos wat jy stuur.
  • Om ander te verhoed om die naam te registreer wat dit onbeskikbaar sou maak wanneer jy dit wil registreer.

Ons kan .co.za en ander domeins soos .biz, .net, .info, .org en .org.za in jou naam registreer.

Begin jou projek.

KONTAK ONS

WEBHUISVESTING

Elke webwerf moet êrens gehuisves word. Ons verskaf webhuisvesting en meegaande e-posdienste wat opgstel kan word na gelang van jou behoeftes.

Ons webbediener word gehuisves, bestuur en ondersteun deur een van Suid-Afrika se groot webhuisvestingmaatskappye. Ons maak reeds vir meer as 15 jaar gebruik van hulle dienste en is beïndruk deur hulle diens en ondersteuning, pryse en voorstdurende verbeterings aan en ontwikkeling van produkte. Indien jy ‘n spesiale huisvestingbehoefte het, kan ons ook ander huisvesting verskaf.

Ons sal ‘n webhuisvestingpakket aanbeveel wat geskik is vir jou spesefieke behoeftes. Dit word gewoonlik bepaal deur die grootte van die webwerf en die funksionaliteit wat benodig word.

Die drie pakkette wat meeste gebruik word is:

PAKKET SKYFSPASIE E-POSBISSE ANDER
Intree* 150 MB 20 mySQL Databasis
Middelslag 300 MB 50 mySQL Databasis
Groot 1 000 MB 100 5 x mySQL Databasis

*Hierdie pakket is voldoende vir meeste webwerwe en kliënte.

Al hierdie pakkette sluit die volgende in:

  • Aanlyntoegang tot besoekstatistiek.
  • E-posdiens.
  • Beheerpaneel vir opstel en bestuur van dienste.
  • Linux, Apache platform.

Die e-posdiens sluit die volgende in:

  • POP posbusse.
  • Gemorsposfilters, wit- en swartlyste en die vermoeë om die filters te verstel.
  • Outomatiese antwoord (bv. vir “nie op kantoor”) en aanstuur van e-pos.
  • Toegang tot webgebaseerde pos (“webmail”) sodat toegang tot e-pos verkry kan word deur ‘n webleser (“browser”) – om pos te lees en te stuur.
  • Aliasse – meer as een e-posadres vir dieselfde e-posbus.

Ander huisvestingopstellings kan ook verskaf word.

Begin jou projek.

KONTAK ONS

WEBWERFONTWERP & ONTWIKKELING

SuproNet ontwikkel webwerwe volgens jou behoeftes en begroting, sal jou boodskap oordra en terselfdertyd jou besigheid se unieke identiteit en styl weerspieël. Besoek ons portefeulje om ‘n idee te kry van die werk wat ons al gedoen het. Bywerke en instandhouding van die webwerf kan deur ons, jou of gesamentlik gedoen word om te pas by die spesifieke omstandighede.

Elke webwerf word ontwikkel vir ‘n spesifieke kliënt met ‘n unieke vereiste. Ons het daarom nie ‘n pryslys met pryse vir standaard “webwerfpakkette” nie. Nadat ons jou vereistes met jou bespreek het, sal ons ‘n gratis voorstel voorberei waarin ons beskryf hoe ons jou behoefte verstaan, ons voorstel vir die webwerf uiteensit, die ontwikkelingsproses verduidelik en ander inligting verskaf. Ons vra gewoonlik ‘n eenmalige fooi vir die ontwikkeling van die webwerf. Ons hef nie ‘n maandelikse fooi vir die webwerf as sodanig nie, selfs al loop dit op ‘n platform wat jou in staat stel om dit self te onderhou. Daar mag wel ander deurlopende fooie vir huisvesting en instandhouding wees en hierdie sal in die voorstel uiteengesit word, indien van toepassing. Kyk ook na Webhuisvesting en Webwerfinstandhouding.

  • Ontwikkel ‘n unieke voorkoms of styl wat pas by jou besigheid se beeld soos weerspieël deur jou embleem (logo), kleure en ander bemarkingsmateriaal soos besigheidskaartjies, briefhoofde, brosjures, e-poshandtekening en advertensies.
  • Beskrywing van die besigheid soos agtergrond (“About Us”), produkte en dienste en kontakbesonderhede. Gewoonlik verskaf kliënte hierdie inhoud maar ons kan ook help met navorsing, skryf van inhoud, vertaling, proeflees en redigering.
  • Foto’s en Fotogalerye: Plaas foto’s op jou webwerf en skep fotogalerye van jou produkte, geleentehde, personeel, lede, ens. As jy nie reeds foto’s het nie, kan ons help met die neem en redigering van foto’s of aankoop van foto’s van fotobiblioteke.
  • Video: Integreer video met die inhoud van jou webwerf.
  • Blog: As jy gereeld artikels of ander meningstukke wil skryf en besoekers wil nooi om deel te neem aan ‘n bespreking kan ons ‘n blog integreer met jou webwerf.
  • Besprekingsforums: Skep ‘n besprekingsforum om te kommunikeer met jou kliënte, lede of enige ander groep.
  • Kontak- en ander vorms: Skep vorms vir algemene kontak, navrae, versoeke vir kwotasie of enige ander doel.
  • Kaarte: Skep doelgemaakte grafika wat kaarte bevat of integreer elektroniese kaarte soos Google Maps met jou webwerf.
  • Skakels: Sluit skakels na ander webwerwe wat vir jou besoekers interessant mag wees in. Dit kan skakels na jou sosiale mediabladsye, verskaffers (bv. vir produkinligting), nywerheidsinligting en ander bronne van inligting insluit.
  • Dokumente: Maak dokumente soos produkspesifikasies, brosjures, pryslyste en ander aanwysings beskikbaar op jou webwerf in ‘n formaat soos pdf.
  • Poslyste en nuusbriewe: Integreer inskrywings vir en bestuur van jou poslys met jou webwerf. Ons beveel aan dat ‘n afsonderlike poslysdiens gebruik word maar kan besoekers wat wil inteken, daarheen lei.
  • Webwerfbaniere: Ontwerp unieke, interaktiewe baniere wat pas by die webwerf.

Die lys van funksies en eienskappe hierbo is net ‘n voorbeeld van die meer algemene elemente wat mens op ‘n webwerf vind. Jy mag ander of bykomstige behoeftes hê waaraan ons kan voldoen.

Terwyl ons jou webwerf ontwikkel gee ons raad oor inhoud en hoe om inhoud te skep met inagneming van sigbaarheid by soekenjins. Ons sluit ook gekose “META tags” in op jou webbladsye en, nadat die webwerf voltooi is, meld ons dit aan by soekenjins soos Google, Bing en Ananzi. Ons kan bykomstige soekenjinoptimeringsdienste (“search engine optimization”, “SEO”) verskaf en help met ander bemarkingsdienste en advertering, insluitende sosiale media en Google AdWords.

Ons webhuisvestingspakkette sluit aanlyntoegang (web) tot besoekstatistiek sodat jy ter enige tyd kan sien hoeveel besoekers daar by jou webwerf was. By verstek sluit ons ook kode op die webwerf in wat ons in staat stel om meer gevorderde en diepgaande ontleding van besoekstatistiek te doen, sou jy dit benodig, van die begin of later.

Begin jou projek.

KONTAK ONS

WEBINSTANDHOUDING

Webwerfinstandhouding
SuproNet maak voorsiening vir ‘n wye verskeidenheid van vereistes met betrekking tot instandhouding en bywerk van webwerwe. Instandhouding kan deur SuproNet gedoen word, deur jou (of iemand wat jy aanwys) of ‘n kombinasie van jou en Supronet. Dit is belangrik dat jou behoeftes en vereistes met betreking tot die instandhouding en bywerk van die webwerf bespreek word voordat ons ‘n voorstel maak vir die ontwikkeling van die webwerf aangesien dit ‘n invloed kan hê op die keuse van die tegnologie wat gebruik word en die manier waarop dit opgetsel word.

As jy nie verwag dat gereelde of beplande bywerke benodig gaan word nie, bied ons 1 uur van bywerke in ‘n termyn van 12 maande teen ‘n baie lae fooi. Dit is gewoonlik voldoende vir klein, ad hoc veranderings soos die verandering van ‘n telefoonnommer, byvoeg of verandering van ‘n paragraaaf of vervanging van een foto met ‘n ander een. Dit gee jou gemoedsrus dat sulke veranderings nie buitensporig baie gaan kos nie. Indien jy hierdie model kies en dan meer as 1 uur se veranderings in een termyn benodig, sal ons beramings of kwotasies verskaf vir die bykomstige werk.

Indien jy gereelde bywerke of verandering aan die webwerf verwag, kan ons een van verskeie modelle, wat voorsiening maak vir jou spesifieke behoeftes, voorstel. Dit sluit die volgende in:

  • Vaste prys per instandhoudingstydperk (bv. maand, kwartaal, jaar), gegrond op ‘n duidelike spesifikasie van die bywerke wat in elke tydperk gedoen moet word.
  • Kwotasie per verandering: Vir elke verandering wat benodig word, sal ons ‘n kwotasie verskaf en die verandering aanbring na aanvaarding van die kwotasie.
  • Fooi per uur: Ons sal ‘n uurlikse tarief kwoteer, veranderings aanbring soos wat dit versoek word en faktureer volgens die tyd wat dit geneem het om die veranderings aan te bring.

Webplatforminstandhouding
Sommige webwerwe word gebou op relatief komplekse sagtewareplatforms, tipies inhoudbestuurstelsels (“content management systems, “CMS”) soos WordPress. Net soos enige ander sagteware (bv. Windows op jou PC of jou webleser (“browser”) benodig hierdie platforms en hulle toevoegings (“plug-ins” of modules) gereelde bywerke (“patches”) om funksionele probleme reg te stel of sekerheidsgapings toe te stop sodra hulle bekend word.

Dinamiese webwerwe (webwerwe met veranderende opstelling en inhoud) vereis ook dat hulle gereeld gerugsteun word sodat hulle heropgestel kan word, sou iets verkeerd gaan.

Indien jou webwerf op so ‘n platform gebou word, sal ons hierdie instandhoudingsdiens verskaf en gewoonlik teen ‘n vaste jaarlikse fooi in die voorstel insluit.

Begin jou projek.

KONTAK ONS

BESOEKERONTLEDING & VERSLAGGEWING

As ons die huisvesting vir jou webwerf verskaf is aanlyntoegang (web) tot besoekerstatistiek beskikbaar sodat jy, ter enige tyd, kan sien hoeveel besoekers jou webwerf gehad het. Indien benodig, kan ons dienste verskaf om hierdie resultate vas te lê en aan jou verslag te lewer met of sonder bykomstige ontleding en vertolking.

Bykomstig tot die aanlynverslae wat saam met huisvesting verskaf word, voeg ons kode by die webwerf wat dit moontlik maak om meer omvattende en diepgaande ontleding van besoekerstatistiek te doen, sou jy dit benodig. Deur hierdie hulpmiddles te gebruik, kan ons verslae aan jou verskaf oor aspekte soos:

  • Aantal besoekers, besoeksessies en bladsy-indrukke.
  • Die bron van besoeke, soos:
    • Soekenjins
    • Skakels op ander webwerwe
    • Facebook
    • Direk (sleutel jou webadres in die webleser)
  • Die soekwoorde en frases wat op soekenjins gebruik is en gelei het tot besoeke aan jou webwerf.
  • Die vloei van besoekers deur jou webwerf, byvoorbeeld:
    • By watter bladsye kom besoekers by die webwerf in.
    • Hoeveel verlaat die webwerf net nadat hulle daar aangekom het.
    • Wat is die tweede, derde, vierde bladsye wat hulle besoek.
  • Watter toestelle, bv. PC of mobiele toestel, gebruik besoekers om jou webwerf te besigtig.
  • Die geografiese streek vanwaar besoekers kom.
  • Die tyd wat besoekers op ‘n bladsy of tydens een besoeksessie deurbring.

Ons pas ons verslaggewing aan by jou behoeftes. Ons kan:

  • Verslag lewer oor slegs gekose resultate.
  • Verslag lewer en ontleding doen van gekose resultate om moontlike patrone en verklarings daarvoor aan te dui.
  • Verslag lewer, ontleding doen en raad verskaf oor moontlike aksies om jou benutting van die webwerf te verbeter.

Die diens wat ons verskaf kan ook aangepas word by jou veranderende behoeftes. Jy mag dalk intesiewe verslagewing, ontleding en raad verlang om mee te begin en dit daarna afskaal of begin met basiese verslaggewing en ontleding en dan meer detaileerde verslaggewing, ontledng en raadgewing verskaf met betrekking tot seker aspekte wat meer aandag benodig.

Die inligting wat ons verkry van webwerfstatistiek kan gekombineer word met metings van besigheidsukses (navrae, voorstelle, verkope, ens.) om werklike trefkrag te bepaal. Hierdie soort ontleding is nuttig om die sukses van aanlyn- en ander –bemarkingskanale (bv. Facebook, e-posveldtogte, gedrukte advertensies, ens.) om besoekers na jou webwerf te bring en hulle om te sit in verkope, te beoordeel. Dit kan gebruik word om jou bemarkingspogings te verfyn vir die mees doeltreffende besteding van jou bemarkinsgbegroting.

Die meet en ontleding van besoekerstatistiek is ook ‘n belangrike komponent van ‘n soekenjinoptimeringsoefening (“search engine optimization”, “SEO”).

Begin jou projek.

KONTAK ONS

E-POS

SuproNet se webhuisvestingdienste sluit e-posdienste met die volgende eienskappe in:

  • POP posbusse.
  • Gemorsposfilters, wit- en swartlyste en die vermoeë om die filters te verstel.
  • Outomatiese antwoord (bv. vir “nie op kantoor”) en aanstuur van e-pos.
  • Toegang tot webgebaseerde pos (“webmail”) sodat toegang tot e-pos verkry kan word deur ‘n webleser (“browser”) – om pos te lees en te stuur.
  • Aliasse – meer as een e-posadres vir dieselfde e-posbus.

Die aantal posbusse is gewoonlike gekoppel aan die huisvestingspakket maar kan verhoog word, indien nodig.

Selfs as jy nie ‘n webwerf benodig nie kan dit nuttig wees vir jou besigheid om ‘n e-posadres te gebruik wat uniek is en aan die besigheid gekoppel (naam@joubesigheid.co.za). Ons kan jou domein registreer, minimale huisvesting en die e-posbusse wat jy benodig opstel.

Begin jou projek.

KONTAK ONS

AANLYNBEMARKING (SOSIALE MEDIA & ANDER)

Vir meeste organisasies bied sosiale media nie die veeldoeligheid, funksionaliteit en aanpasbaarheid om ‘n webwerf te vervang nie. Hierdie platforms kan egter baie nuttig wees om besoekers na jou webwerf te bring, om aanvullend tot die webwerf te wees en interaksie met verskillende gehore te bewerkstellig.

SuproNet kan jou bystaan met jou aanlynbemarkingstartegie op verskeie maniere, vanaf eenvoudige dinge soos die opstel van sulke bladsye (bv. Facebook en Google Plus) om jou beeld op ‘n professionele weer te gee tot die ontwikkeling van ‘n strategie en hulp om dit te implementer. Kyk asseblief na ons Bemarkingsbladsy vir meer inligting oor hoe ons jou kan help met jou bemarking.

Begin jou projek.

KONTAK ONS

RAAD & KONSULTASIE

SuproNet hou daarvan om interaksie te hê met ons kliënte sodat ons werklik kan verstaan wat hulle behoeftes en vereistes is en raad te gee en aanbevelings te maak voordat webontwikkeling begin. Dit stel jou ook in staat om die kwessies te verstaan en ingeligte besluite te maak.

Benewens die dienste hierbo genoem, kan ons ook help met ontleding van betsaande webwerwe en raad gee oor moontlike verbeterings, besoekstatistiek ontleed en spesifikasies vir die ontwikkeling van webwerwe skryf, selfs al huisves of ontwikkel ons nie jou webwerf nie.

Aspekte waarmee of van diens kan wees sluit in:

  • Raad met betrekking tot die ontwerp, styl, inhoud en funksionaliteit van jou webwerf. Gewoonlik gee ons die raad gratis wanneer ons met jou kommunikeer om jou webwerfvereistes en –doelwitte te bepaal. Ons kan egter ook die raad afsonderlik verskaf, byvoorbeeld indien jy raad wil hê voordat jy self jou webwerf ontwikkel of ‘n ander diensverskaffer wil kontrakteer.
  • Ontleding van besoekstatistiek om aanduiding te gee van watter bladsye besoek word, waar besoekers vandaan kom (geografies en in terme van skakels en verwysings van ander webwerwe en soekenjins), soeksleutelwoorde en –frases wat besoekers gebruik het om by jou webwerf uit te kom, watter bladsye meeste gebruik word as toetreebladsy, hoe lank hulle op bladsye bly, ens. Kyk ook na Besoekerontleding en –Verslaggewing.
  • Hersien en ontleed bestaande webwerwe met betrekking tot aspekte soos styl en voorkoms, funksie, navigasie en inhoud sodat ingeligte besluite gemaak kan word oor moontlike veranderings.
  • Ontwikkel spesifikasies vir webwerwe: Dit kan insluit riglyne aangaande beste praktyk. Sulke spesifikasies of gebruikerbehoeftestellings kan gebruik word om met ‘n ander party te kontrakteer of as vereiste vir ‘n interne ontwikkeling van ‘n webwerf.

Begin jou projek.

KONTAK ONS