|
|
|
|
|
|
Die gebruik van hierdie Webwerf, die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
SuproNet/BesigheidCenturion/CenturioNet is ook nie verantwoordelik vir die gehalte van al hierdie webwerwe nie aangesien sommige deur ander ontwerpers ontwikkel en in stand gehou word.
|
|
|
 |
|
| BesigheidCenturion |
Inskrywing - Entry |
| GRATIS insluiting in hierdie gids. Voorkeurplasing met logo ook beskikbaar teen billike prys. |
| Tel: (012) 653-2405 |
|
 |
|
| Africove Shuttle Service |
www.africove.com |
| Leun terug en ontspan in ons luukse lugversorgde 8-sitplek minibus terwyl jy vervoer word na enige plek in die
omgewing van groter Johannesburg. Ons verskaf 'n lughawe- sowel as deur-tot-deur-pendeldines teen mededingende pryse.
Gholftoere, lughawependel, besigtigingstoere, korporatiewe geleenthede, Sun City-toere. |
| Tel: 082-906-0444 |
|
 |
|
| Amazing SA |
www.amazingsa.com |
| Amazing SA bied profesionele koõrdinering van korporatiewe funksies en konferensies asook gholftoere, wegbreeknaweke,
safari, gholfdae en luukse 8-sitplek busvervoer |
| Tel: 082-789-0239 |
|
 |
|
| American Express Corporate Travel |
www.corptrav.co.za |
| Reisagentskap geleë in Irene. Laat ons na al jou reisbehoeftes omsien. Besigheids- en persoonlike besprekings. Uitstekende
kostebesparings. Internasionaal en nasionale besprekings. Uitstekende diens. Na-ure ook beskikbaar! |
| Tel: (012) 667-2550 |
|
 |
|
| An African Guesthouse |
www.anafricanguesthouse.co.za |
| Ons gastehuis bied 3 ten volle gemeubileerde selfsorgeenhede, met en suite badkamers, oopplankombuis en leefareas. Ons kan
tot 13 gaste op 'n keer akkomodeer. Elke eenheid beskik oor sy aparte ingang en veilige parkering. Die selfsorgakkomodasie
is perfek vir langtermynverblyf. Die swembad en braai-area is daar vir die gebruik van ons gaste. Ons het ook Internet en
ander dienste beskikbaar op aanvraag. |
| Tel: 083-290-6334 |
|
 |
|
| Anansi Heights |
www.anansibiz.co.za |
| Ons verskaf akkommodasie, langtermynverblyf en konferensiefasilitieite in Centurion. Ons is sentraal gelee en is 3 minute
vanaf Centurion SSG. Ons verskaf gratis vervoer na die konferensie aan besighede in Centurion. |
| Tel: (012) 663-7665 |
|
 |
|
| Centurion Business Hotel |
www.centuionbusinesshotel.co.za |
| Centurion Business Hotel is 'n nuwe konsep hotel vir besigheidsreisigers. Die hotel is klein, intiem en voel soos u huis weg van u huis. Al die dienste wat u verwag en meer word gebied. |
| Tel: 082-369-2011 |
|
 |
|
| Centurion Hospitium |
www.centurionet.co.za |
| Die visie van die vereniging is om terminale pasiente op 'n waardige en professionele wyse te behandel. Die primêre doel van hierdie Hospice is om 'n diens aan die gemeenskap te lewer deur terminale pasiente wat versorging nodig het, te behandel en te versorg. |
| Tel: (012) 664-6154 |
|
 |
|
| Centurion House of Events |
Geen - None |
| 'n Opleidingsentrum vir "sagte" vaardighede 3km vanaf Centurion Mall. Daar is twee opleidingslokale vir 'n maksimum van onderskeidelik 10 en 20
persone. Ons doen spyseniering vir funksies wat hier gehou word en al ons kos is Halaal. Ons verskaf ook 'n professionele administratiewe diens asook
reisreëlings vir kliënte van ander gebiede. Ons is 100% SEB. |
| Tel: (012) 374-6940 |
|
 |
|
| Chartwell Travel Services |
www.chartwelltravelservices.com |
| Chartwell Travel Services spesialiseer in al die uitdagende besonderhede van 'n goedbeplande besigheidsreis of vakansie.
Van plaaslike tot internasionale vlugreëlings en reël van motorhuur, verblyf, visums, buitelandse valuta, toere en
konferensies. |
| Tel: 082-469-8695 |
|
 |
|
| Condor Guest House |
condorhouse.co.za |
| Condor Guest House is 'n 4-ster luukse gastehuis met 10 kamers en badkamers en bied ook konferensiegeriewe, 2 swembaddens, jacuzzi en onge-ewenaarde diens in 'n gemaklike omgewing, gerieflkik geleë 'n paar minute van Centurion se sakegebied. |
| Tel: 083-302-5198 |
|
 |
|
| Desert Oasis Lodge |
www.desertoasis.co.za |
| Bekostigbare, goeie, skoon verblyf binne die bereik van alle groot besighede - sentraal t.o.v. Centurion en Pretoria. |
| Tel: (012) 347-0368 |
|
 |
|
| Evo's Shuttle Services and Tours |
www.africanshuttle.com |
| Ons verskaf 'n vervoerdiens (pendel) vir private en besigheidskliënte: na en vanaf lughawens-, deur-tot-deur, toere na
besienswaardighede, wildtuine, Sun City, toere in Johannesburg en Pretoria, ens. Ons is trots op op billike pryse en die
hoë gehalte van ons diens. Elke kliënt - persoonlik of besigheid - is vir ons belangrik. Ons probeer die beste persoonlike
diens lewer aan almal. Ons kan ook help om verblyf te vind en ons vra nie kommissie daarvoor nie. |
| Tel: 082-805-7919 |
|
 |
|
| Greenlea Guest House |
www.greenlea.co.za |
| Greenlea is geleë halfpad tussen Pretoria en Johannesburg in Irene, Centurion. Dit is toeganglik vanaf beide OR Tambo
Internasionale en Lanseria Lughawes en dus ideaal geleë vir besigheidsreisigers met verpligtinge in Pretoria en
Johannesburg. Daar is 7 pragtige en suite slaapkamers, 'n pragtige tuin en 'n konferensie/raadsaal met plek vir 20. Die
konferensiefasilitiet is groot genoeg vir kinderpartytjies en klein funksies. Ons bied 'n pendeldiens na en van belangrike
lughawens in die gebied. |
| Tel: (012) 667-2017 |
|
 |
|
| Guest@Home4u Gastehuis |
www.home4u.co.za |
| Gastehuis in Uitsigpark, Eldoraigne, Centurion. Ses luukse kamers met en-suite badkamers. Bed en ontbyt. Stylvol, gasvry, veilig - binne sekerheidsgebied. Bekostigbare tariewe. Sentraal, naby hospitaal, snelweg, inkopiesentrums |
| Tel: (012) 653-0883 |
|
 |
|
| Leriba Lodge |
www.leriba.co.za |
| Leriba Lodge is 4-ster hotel en konferensiesentrum met 60 luukse en-suitekamers en 11 konferensiesale. Ons bied gaste 'n wye
verskeidenheid aktiwiteite wat insluit ons Pinotage a la carte restaurant, golf- en skubaduikakedemie asook 'n spa en
gesondheidsentrum. |
| Tel: (012) 660-3300 |
|
 |
|
| Lodge Ronda |
www.lodgeronda.co.za |
| Lodge Ronda is 'n nuwe fasiliteit met akkommodasie (38 beddens) in 16 en suite kamers, asook 4 konferensiesale wat 300, 150, 100 en
40 kursusgangers in veskillende uitlegte kan huisves. Lodge Ronda doen funksies soos troues en private partytjies. Kapel op perseel.
Parkering binne sekuriteitsheining. |
| Tel: (012) 654-5645 |
|
 |
|
| Melantia Travel |
www.melantia.co.za/ |
| Bekostigbare Suid-Afrikaanse toere van Centurion na Sun City, insluitende safari's en besigtigingstoere aan die Leeupark,
Pretorie, Soweto naby Johannesburg, Goudrifstad, die Apartheidmuseum, Jagluperdsentrum, Olifanthawe en die
Sterkfonteingrotte. |
| Tel: (011) 455-0559 |
|
 |
|
| Newkloof Guest House |
www.manjani.co.za |
| Geleë in Newlands, die sentraal-oostelike voorstad van Pretoria. Hierdie luukse gastehuis is 'n doelgemaakte rusplek
vir die besigheidslui en diegene wat bederf nodig het. ERVAAR EGTE PLATTELANDSE GASVRYHEID IN DIE HOOFSTAD |
| Tel: (012) 348-1255 |
|
 |
|
| Pete's Retreat Gastehuis |
www.a-afriqa.co.za |
| Die gastehuis is geleë in 'n rustige omgewing. Dit is naby die toegangroetes, noord en suid, lughawens, Echo/Tegno Park en
sentrale besigheidsgebied. Goed toegeruste en suite kamers. Asook swembad en lapa. Veilige parkering. Ontbyt ingesluit,
aandete op aanvraag. |
| Tel: (012) 663-6196 |
|
 |
|
| Piccolo Akkommodasie |
www.wheretostay.co.za |
| Luukse oornag selfsorgakkommodasie in Centurion, naby Supersport Park, Centurionstad, snelweë, sentraal geleë tussen Pretoria en
Johannesburg. |
| Tel: 083-235-5243 |
|
 |
|
| Rassenheim Guesthouse |
www.rassenheim.co.za |
| Ons bied dubbel, tweebed- en enkel on suite kamers, elkeen uniek gemeubileerd met private ingang, TV, yskas en
koffiemaakgeriewe. Swembad en braaistoep. Sentraal geleë in Zwartkop, Centurion, met maklike toegang tot snelweë. Tariewe
vanaf R340 bed en ontbyt enkel of R250 per persoon wat deel. |
| Tel: (012) 643-0006 |
|
 |
|
| Rozendal Gastehuis |
www.rozendalbb.co.za |
| Bed en ontbyt word verskaf aan besoekers aan Centurion. Sentraalgeleë, naby Unitas Hospitaal en loopafstand vanaf Centurion
Mall en SuperSport Park. Jy sal nie net tuis voel nie maar elke oggend onthaal word met 'n smaaklike ontbyt. Ons spog met 8
ruim en-suite slaapkamers toegerus met 'n TV, DSTV, tee- en koffiegeriewe en die gemak van 'n eie huis. Omring deur 'n
pragtige boomryke tuin met 'n oorvloed voëllewe. |
| Tel: (012) 664-3228 |
|
 |
|
| Selective Events |
www.selectiveevents.co.za |
| Selective Events spesialiseer in die organisering van jaareindfunksies, temapartytjies, besigheids- en korporatiewe
funksies, konferensies en toere. |
| Tel: 083-383-1881 |
|
 |
|
| Shemariah Gastehuis/Guesthouse |
www.shemariah.co.za |
| 'n Gastehuis in Eldoraigne, 'n gevestigde area in Centurion. Ons bied u 8 gerieflike kamers, veilige parkering en
skoonheidsalon. Perfek vir die toeris of besigheidsreisiger. Skakel ons gerus Vir verblyf van gehalte teen die beste pryse . |
| Tel: (012) 653-5330 |
|
 |
|
| Sure Mills Travel |
Geen - None |
| Goedgevestigde Midrand agentskap nou ook in Centurion. Kontak ons ervare personeel op jou drumpel in Eldoraigne vir al jou reisbehoeftes. Ons doen al besigheid vir 22 jaar. |
| Tel: (012) 756-5370/1/2 |
|
 |
|
| Swan's Rest Boutique Guest Lodge |
www.swansrest.com |
| Pragtige Boutique Lodge. Sprokie-mooi tuine en verskeie opsies vir troues, konferensies, jaareindfunksies. Geskik vir 6 -
250 mense. 15 Luukse kamers. |
| Tel: (012) 666-7806 |
|
 |
|
| TIQMS |
www.tiqms.co.za |
| Konferensiegeriewe in Highveld Centurion. Kursusse in gehalte - ISO 9001; ISO 14001, TS 16949 risikobestuur en Ses Sigma |
| Tel: (012) 665-0088 |
|
 |
|
| Trebor Group |
Geen - None |
| Wil jy in die buiteland gaan werk? Ons verskaf 'n eenstopdiens vanaf visumaansoek tot waar jy in jou kamer staan in die
Verenigde Koninkryk. Ouderdon 17 tot 30. Laat ons jou help. |
| Tel: (012) 344-3501 |
|
 |
|
| UNIGLOBE Crigel Travel |
www.uniglobecrigeltravel.com |
| Reisagentskap wat spesialiseer om in die behoeftes van die korporatiewe reisiger te voldoen. Kan ook die vakansieganger
se behoeftes aanspreek |
| Tel: (012) 654-2902/4 |
|
 |
|
| Villa Xanelle Guest House |
www.Villaxanelle.com |
| Villa Xanelle gastehuis is sentraal geleë tussen Pretoria and Johannesburg en naby aan die lughawe, fokus op styl, gemak en
elegansie vir sy kliente en bied die volgende: 7 en-suite kamers, veilige parkering, rustige skoon omgewing, swembad,
moderne bekomstighede, Engelse of kontinentale ontbyt, aandetes, geriewe vir tee en koffie en yskas in elke kamer,
lugversorger, linne van gehalte, haardroër, elektroniese kluis en padkaarte. |
| Tel: (012) 660-2310 |
|
 |
|
| You Can Africa Training & Conference Centre |
Geen - None |
| Die konferensiesentrum bied die volgende: (1) 'n Lapa wat 70 sittende persone in 'n verskeidenheid sitplekopstellings met gemak huisves. (2) Dit spog
met 4 braaiareas met ingeboude braaigeriewe en kroegfasiliteite. (3) Ander fasiliteite: 'n Mediumgrootte swembad en vlugbalbaan met oorspronklike
seesand. Hierdie geriewe is tot die beskikking van afgevaardigdes wat wil ontspan na 'n harde dag se konferensie. (4) Ons beskik ook oor 'n grasperk
omring met bome langs die Centurionmeer wat benut kan word vir spanbou-oefeninge. (5) Die konferensiegebied is in 'n stil en rustige omgewing met
ruim parkeergeriewe ir afgevaardigdes. Die gebied is veilig en word bewaak en gepatrolleer. |
| Tel: (012) 643-0803 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Nie gevind waarna u gesoek het nie?
Probeer ook die volgende:
- Alternatiewe kategorieë verwant aan hierdie kategorie:
- Ons soekenjin om deur die hele BesigheidCenturion of selfs CenturioNet en SuproNet te soek.
- Die “Open Directory Project” se besigheidsgids vir Gauteng, Suid-Afrika
|
|
|
|