|
|
 |
|
|
 |
|
 |
 |
|
Die metamorfose van Centurion het begin met die ontwikkeling van 'n stadkern rondom 'n mensgemaakte meer. Die eerste fase (Centurion Boulevard) is in 1985 geopen. Dit bestaan uit winkels, kommersiële, kantoor-, ontspanning- en
behuisingontwikkelings.
|
 |
 |
|
Die totale winkeloppervlakte het 103 000 vierkante meter, waarvan 62 500 vk meter kleinhandelruimte, beslaan en is sedertdien geweldig uitgebrei. Die waterorrel in die meer is uniek in
die omgewing en lok besoekers en inwoners wat ontspan tydens of na inkopies of besoeke aan die rolprentteaters en restourante in die sentrum. Die amfiteater by die meer word gereeld gebruik vir musiekkonserte en ander feeste.
|
 |
 |
|
Highveld Technopark, 'n tegnopark waarin hoëvlak tegnologiese navorsing en ontwikkeling gedoen word, is geleë teenoor Centurionsentrum, net suid van die Danie Joubert-hoofweg. Die gebied bestaan uit 25 erwe met 'n gemiddelde
grootte van 4,4 hektaar en huisves onder andere Telkom se datasentrum.
|
|
|
 |
 |
|
Centurion huisves verskeie ander nywerheidsparke en nywerheidsdorpe vir ligte nywerhede, asook kantoorontwikkelings en -parke. Momentum se hoofkantoor is onlangs voltooi en Samrand is een van die uistekende ontwikkelings wat vanaf
die Ben Schoeman-hoofweg sigbaar is.
|
|
|
 |
 |
|
Etlike goeie Afrikaans- en Engelsmediumskole asook kerke van verskeie denominasies kan in Centurion gevind word terwyl Centurion Kollege en Centurion Akademie 2000 naskoolse opleiding verskaf. Universiteite soos Unisa en
Universiteit van Pretoria is binne maklike bereik terwyl talle private opleidingsinstansies opleiding binne Centurion verskaf.
|
|
 |
 |
|
Centurion is węreldbekend vir die pragtige krieketstadion met toetstatus. Supersport Centurion is die hoofkwartier van die Noordelike Titane en Noordelikes Krieket en het 'n unieke atmosfeer vanweë sy mooi ligging en uitgebreide
graswalle wat sitplek bied vir duisende toeskouers. Die stad beskik ook oor geriewe vir die beoefening van die meeste ander sportsoorte en die plaaslike rugbyspan het ontwikkel tot 'n krag in die Carltonliga.
|
|
|
|
|
 |
 |
|
Die stad beskik oor uitstekende mediese geriewe met Unitas Hospitaal as spilpunt en verskeie mediese sentrums, klinieke en 'n hospitum. Hoewel Centurion 'n jong, snelgroeiende stad is, beskik
dit oor 'n gesonde komponent van ouer inwoners en afgetredenes wat onder andere in verskeie sentra vir die versorging van bejaardes gehuisves word.
|
|
|
 |
Bronne
Die volgende bronne word met dank erken:
- Centurion Stadsraad Dienstegids
|
|
|
|

|
|
Waarheen nou?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die gebruik van hierdie Webwerf, die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
Met die besoek en gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes. Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die
Webmeester.
 Hierdie Webwerf en sy inhoud behoort aan CenturioNet, ‘n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste. Sien Kopiereg vir gebruiksvoorwaardes en outeursregkennisgewing.
© 2001, 2002, 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008, 2009, 2010, 2011. CenturioNet Alle regte voorbehou.
|
|
|
|
|

|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Besigheidsgids
|
|
|
|
Lys van besighede in Centurion. Ekonomiese data (statistiek) oor Centurion.
|
|
|
|
|
|
|
|

|
|
Gratis 2012 kalender Handige “CD” formaat
|
|
|
|
Vir ontwerp en huisves van webwerwe soos hierdie:
|
|
|
|
|
|
|
|
|