|
Agtergrond
SuproNet besit en bedryf ‘n aantal webwerwe wat veral gefokus is op Centurion en sy mense. Die belangrikste hiervan is:
- CenturioNet: Algemene inligting vir en oor Centurion, insluitende aspekte soos geskiedenis, besienswaardighede en gebeure (dagboek). In Mei tot Julie 2002 het besoeke aan
CenturioNet (Afrikaans) met 65% in terme van bladsy-indrukke en 73% in terme van besoeksessies toegeneem vergeleke met besoeke gedurende die voorafgaande drie maande (Feb tot April 2002).
- BesigheidCenturion: ‘n Webwerf gemik op besigheid in Centurion. Dit bevat onder andere ‘n besigheidsgids met lyste (per kategorie van produk/diens) van besighede in Centurion
waarop besoekers besighede of produkte kan soek. Statistiek (ekonomiese data) oor Centurion en inligting oor georganiseerde besigheid word ook verskaf. (Besighede kan ook hulle besonderhede in die gids laat opneem. Sien: Gidsinskrywing.) In Mei tot Julie 2002 het besoeke aan BesigheidCenturion (Afrikaans) met 63% in terme van bladsy-indrukke en 144% in terme van besoeksessies toegeneem vergeleke met besoeke gedurende
die voorafgaande drie maande (Feb tot April 2002).
Beide hierdie webwerwe is volledig in Afrikaans en Engels beskikbaar.
SuproNet skep ook van tyd-tot-tyd webwerwe vir besondere geleenthede. Dit bied uitstekende geleentheid vir hoë-impak bemarking oor ‘n kort tyd. Voorbeelde sluit in:
Besoeke aan die CenturioNet suite van webwerwe het as volg gegroei (i.t.v. besoeksessies):
- Jan - Mrt 2003 vs Okt - Des 2002: 60% groei
- Jan - Mrt 2003 vs Jan - Mrt 2002: 420% groei.
Ons bied u die geleentheid om op bogenoemde webwerwe te adverteer. Indien u ‘n behoefte het wat nie hierdeur bevredig word nie, maak asseblief met ons kontak of voltooi die diensversoek.
|