|
Agtergrond
SuproNet besit en bedryf ‘n aantal webwerwe wat veral gefokus is op Centurion en sy mense. Een hiervan is BesigheidCenturion,
‘n webwerf gemik op besigheid in Centurion. Dit bevat onder andere ‘n besigheidsgids met lyste (per kategorie van produk/diens) van besighede in Centurion waarop besoekers besighede of produkte kan soek. Statistiek (ekonomiese data) oor Centurion en inligting oor georganiseerde besigheid word ook verskaf. In Mei tot Julie 2002 het besoeke aan BesigheidCenturion (Afrikaans) met 63% in terme van bladsy-indrukke en 144% in terme van besoeksessies toegeneem vergeleke met besoeke gedurende die voorafgaande drie maande (Feb tot April 2002). Besoeke aan die CenturioNet suite van webwerwe het as volg gegroei (i.t.v. besoeksessies):
- Jan - Mrt 2003 vs Okt - Des 2002: 60% groei
- Jan - Mrt 2003 vs Jan - Mrt 2002: 420% groei.
Die besigheidsgids is volledig in Afrikaans (BesigheidCenturion) en Engels (BusinessCenturion) beskikbaar.
Besighede kan ook hulle besonderhede gratis in die gids laat opneem of betaal vir ‘n voorkeurinskrywing. (Sien: Gidsinskrywing op BesigheidCenturion om in te skryf.)
Pryse
|