|
Soos met Die Hoewes bestaan die Highveld Webwerf uit die vyf bladsye wat tipies die volgende kan behels:
- Openingsbladsy: Verwelkoming en ander algemene inligting
- Produkte en Dienste: Beskryf die organisasie se produkte en/of dienste
- Industrie: Beskryf die produk- en markomgewing (industrie) waarbinne die organisasie optree. Die titel en inhoud van hierdie bladsy mag volgens behoefte
aangepas word.
- Navraag/Terugvoer: ‘n Bladsy met ‘n vorm waarop besoekers navrae kan rig of insette lewer t.o.v. die organisasie en/of die Webwerf.
- Kontakinligting: Alle tersaaklike kontakbesonderhede.
Die inligting word aangebied binne ‘n standaard patroon maar die kleurskema word deur die kliënt gekies. Die Webwerf kan verder een embleem en tot drie grafiese elemente (foto’s en/of ander illustasies)
insluit wat uniek is aan die organisasie. Die voorbeeld toon een van die patrone in een van die standaard kleurskemas maar vir hierdie produk kan die kliënt self die kleurskema kies om by die maatskappy se kleure te pas. Sien Die Hoewes vir nog standaard uitlegte.
|