|
SuproNet verskaf ‘n eenstopdiens in die ontwerp, huisvesting, bemarking en instandhouding van netplekke of webwerwe. Ons produkreeks maak voorsiening vir selfs die kleinste besigheid se behoefte aan professionele maar
bekostigbare teenwoordigheid op die Internet.
Ons diens sluit die volgende in:
- Registrasie van domeinname
- Ontwerp van die webwerf of netplek.
- Huisvesting (“hosting”)
- Onderhoud, instandhouding of bywerk
- Bemarking, o.a. deur aanmelding by soekenjins, registrasie by toepaslike gidse (“directories”), insluiting op BesigheidCenturion, ons eie gids vir Centurion en plasing van
advertensies op die ons suite van webwerwe wat CenturioNet insluit.
Meer inligting oor ons dienste en pryse is op die volgende bladsye beskikbaar:
Webontwerp en Huisvesting (insluitende domeinregistrasie)
Vir so min as R200 vir ontwerp (eenmalig) en R25 per maand kan ons ‘n besigheid voorsien van ‘n professionele webwerf. ‘n Webwerf van tot 50MB en wat 25 e-posbusse, besoekstatistiek en virusskandering
van inkomende e-pos insluit, is beskikbaar teen minder as R120 per maand. Basiese instandhouding van die webwerf word by die huisvestarief ingesluit terwyl kwotasies verskaf sal word vir spesifieke behoeftes. Meer inligting...
Bemarking: Advertensies
SuproNet se Centurion suite van webwerwe is uitgebou tot ‘n gewilde bestemming vir talle besoekers en groei voortdurend in gewildheid. Besoeksessies in die eerste 3 maande van 2003 was 60% hoër as in die laaste drie maande van 2002 en
420% hoër as in die eerste 3 maande van 2002.
Adverteerders geniet dus goeie blootstelling en kan kies op watter bladsy(e) hulle wil adverteer. Meer inligting...
Bemarking: Gidsinskrywing
Besighede in en om Centurion kan gratis
insluiting bekom op BesigheidCenturion, ons besigheidsgids vir Centurion. (Die diens word outomaties verskaf aan ons webontwerp- en huisvestingkliënte.) Dit verskaf geteikende blootstelling in die verskeie produk- of dienskategorieë en via ons eie soekenjin en ons insluiting by die groot plaaslike en internasionale soekenjins.
Voorkeurinskrywing, wat behels dat ‘n besigheid se inligting bo-aan die lys geplaas word en dat die embleem (logo) ook vertoon word, is beskikbaar teen ‘n nominale jaarlikse fooi. Meer inligting...
Benewens hierdie “standaard” dienste, verskaf ons ook verwante dienste soos bepaal deur kliënte se unieke behoeftes.
Belangrik: Vir algemene verkoops- en gebruiksvoorwaardes, lees voorwaardes
Deur gebruik te maak van SuproNet se dienste, ontvang u ook die volgende voordele:
- Die SuproNet-verwante Webwerwe (SuproNet, CenturioNet en BesigheidCenturion) word aktief bemark, onder andere deur dit by alle gewilde soekenjins te registreer. Dit verhoog dus die sigbaarheid
van u Webwerf wat deel uitmaak van die SuproNet familie.
- Organisasies in Centurion het die bykomstige voordeel dat hulle inligting verbind word met ‘n inligtingsportaal oor en vir Centurion (CenturioNet en BesigheidCenturion). Dit dien as trekpleister vir inwoners en besoekers,
beleggers en aankopers van buite die gebied
- Alle Webwerwe wat deur SuproNet ontwikkel en gehuisves word, word ontwerp met “metatags” wat sleutelwoorde en ander inligting bevat wat insluiting by soekenjins vergemaklik.
- Gratis toegang om boodskappe te plaas en vrae te stel op SuproNet se spesiale ondersteuningsforum op CenturioNet se KletsNet.
|