Ondersteuning

Ondersteuning

SuproNet is trots op die persoonlike diens wat ons aan ons kliënte bied.

Ondersteuningsdienste

WEBWERF

Ons verskaf die volgende ondersteuning gratis:

  • Raad oor jou webwerfidees, -doelwitte en –planne voordat ons ‘n voorstel lewer.
  • Opstel van webhuisvesting wat ons verskaf.
  • Opstel van tot 10 e-posbusse op die huisvesting wat ons verskaf.
  • Riglyne vir die opstel van jou e-posprogram om pos te lees en te stuur deur die e-posbusse wat ons verskaf.
  • Telefoniese en e-posgebaseerde ondersteuning om aandag te gee aan vrae en kwessies wat jy mag hê oor die diens wat aan jou gelewer word.

Ons gebruik by verstek vir Hetzner Suid-Afrika as huisvestingdiensverskaffe en doen dit reeds vir byna 3 dekades. Ons hou aan om van hulle diens gebruik te maak weens die goeie diensvlak wat ons van Hetzner kry en hulle mededingende pryse. Dit stel ons in staat om mededingedne prys en uitstekende diensvlakke aan ons kliënte te lewer.Betaalde ondersteuning hang af van elke kliënte se behoeftes. Ons standaardaanbieidngs sluit die volgende in:

  • Een uur vir bywerk van die webwerf per 12 maandetermyn van webwerfinstandhouding vir die prys van ‘n halfuur, indien ons die webwerf huisves. Dit gee ons kliënte gemoedsrus dat klein veranderings nie buitensporige koste tot gevolg sal hê nie.
  • Indien veranderings van meer as 1 uur per 12 maande ondersteuningstermyn benodig word, kan ons dit verskaf op die basis van ‘n vaste prys (kwotasie) of teen ‘n uurlikse tarief.
  • ‘n Vaste fooi vir ‘n voorafbepaalde hoeveelheid bywerke indien die kliënt weet watter bywerke binne ‘n bepaalde ondersteuningstydperk gedoen sal moet word.
  • Vir “CMS” paltforms (soos WordPress) sluit ons by verstek sekere “plug-ins” in wat ons help om bywerke van die platforms en “plug-in”/modules op datum te hou en rugsteune van die databaiss te maak. Hierdie diens word verskaf teen ‘n vaste fooi per termyn van 12 maande.

Bespreek asseblief jou spesifieke ondersteuningsvereistes met ons vir ‘n voorstel en kwotasie vir jou behoeftes.

Hulp Benodig?

KONTAK ONS

BEMARKING & KORPORATIEWE IDENTITEIT

Indien jy, nadat ons die bemarkingsmateriaal aan jou verskaf het, werk doen saam met ‘n diensverskaffer (soos ‘n drukker) wat die kunswerk in ‘n ander formaat as wat ons verskaf het, benodig, sal ons die kunswerk uitvoer in die vereiste formaat, indien dit geredelik moontlik is met die gereedskap tot ons beskikking.

Hulp Benodig?

KONTAK ONS

Selfhelpgidse

Opstel van e-pos op jou toestel(le)

Ons maak gewoonlik van Hetzner Suid-Afrika se dienste gebruik vir die huisves van ons kliënte se webwerwe en die gepaardgaande e-pos. Hetzner verskaf ‘n baie handige hulpmiddel om gebruikers te lei deur die proses om hulle e-pos op hulle toestel (rekenaar, tablet, selfoon) op te stel.

Hulp Benodig?

KONTAK ONS

E-pos: POP of IMAP

Ons beveel gewoonlik aan dat ons kliënte hulle e-pos vir POP opstel omdat dit minder skyfspasie op hulle huisvestingrekening gebruik en kleiner huisvestingpakkette teen laer koste dus gebruik kan word. IMAP het egter sekere funksies wat ‘n kliënt mag benodig of wil hê. Klik hier vir Hetzner se gids oor die verskille tussen POP en IMAP en hoe om die geskikte een te kies.

Hulp Benodig?

KONTAK ONS

Gebruik van Webpos (“Webmail”)

Kliënte wat ons verstekhuisvestingsdiens gebruik het outomaties toegang tot die gerief van webpos. Hoewel ons nie aanbeveel dat webpos gebruik word as jou primêre kanaal vir die lees en stuur van van e-pos nie, kan dit nuttig wees vir goed soos:

  • Toegang tot pos wanneer jy nie toegang het tot jou eie toestelle met e-poskliënte (bv. Outlook, Thunderbird) nie. Jy kan toegang kry tot pos deur ‘n webleser (“browser”) op enige toestel wat verbind is aan die Internet.
  • Nagaan van die inhoud en bron van ‘n groot e-pos wat die aflaai van jou e-pos vertraag. Teken in via webpos en en kyk na die pos se onderwerp, sender en/of inhoud. As jy dit nie wil aflaai nie, kan jy dit uitvee.
  • Nagaan of ‘n probleem met die lees van pos te doen het met “jou kant” (opstelling van jou e-poskliënt, intekenbesonderhede of rekenaar) of die “ander kant” (die posbediener). As jy nie toegang kan kry tot jou e-pos deur jou e-poskliënt nie (bv. probleem met inteken – gebruikernaam of wagwoord), kan jy probeer om by webpos in te teken deur jou webleser (“browser”). Indien jy kan inteken, beteken dit dat die bediener (“server”) werk en jou intekenbesonderhede korrek is. Iets het dan waarskynlik skeef geloop met jou plaaslike opstelling. Jy kan dan jou opstelling nagaan (Gids vir opstel van e-pos) of jou tegniese afdeling/IT administrateur vra om jou te help. Indien jy nie deur webpos kan inteken nie kan dit beteken dat die posbediener dalk buite werking is, jy verkeerde intekenbesonderhede gebruik of dat iets fout gegaan het met die intekenfunksie.

Om webpos te gebruik:

Hulp Benodig?

KONTAK ONS

Skyfspasie en Oorskryding van Skyfkwota

Die huisvestingspakkette wat deur SuproNet verskaf word, het elk sy eie gepaardgaande kwota skyfspasie. SuproNet stel oor die algemeen nie harde grense op om die totale skyfspasie wat gebruik word, die skyfspasie per e-posbus of grootte van e-posse wat ontvang kan word, te beperk nie. Dit stel die webwerf, pos en ander funksies in staat om aan te hou werk, selfs al word die skyfkwota oorskry. Hierdie gerief is vir tydelike en baie korttermyn oorskryding van die skyfkwota en moet nie misbruik word nie. Kliënte is aanspreeklik vir bykomstige fooie wanneer die skyfkwota gereeld of aanhoudend oorskrei word.

Die volgende funksies of komponente is sommige van die hoofgebruikers van skyfspasie:

  • Webwerf: Die groote van die webwerf en veral die hoeveelheid en grootte van media (foto’s, video, dokumente) het ‘n invloed op die hoeveelheid skyfspasie wat benodig en gebruik word. Vir webwerwe wat op inhoudbestuurstelsel (“content management systems”, “CMS”) soos WordPress gebou is, is die die CMS sagteware deel van die webwerf en gebruik beduidende hoeveelheid skyfspasie. SuproNet neem die soort webwerf en beplande inhoud van jou webwerf in ag wanneer ons ‘n voorstel maak aangaande die huisvestingspakket.
  • E-pos: Indien jy e-pos lees en stuur met ‘n e-poskliënt soos Outlook of Thunderbird en dit is opgestel as POP, sal dit baie min van jou huisvestingskyfspasie gebruik. Net ongeleesde e-pos en gemorspos wat uitgefilter is voordat dit jou bereik, sal skyfspasie opneem. As jy egter jou e-pos opgestel het as IMAP, lees en stuur met webpos (“webmail”) of jou e-poskliënt opgestel het om pos vir geruime tyd nadat jy dit gelees het op die posbediener te los, kan e-pos opbou en uitermatige hoeveelheid skyfspasie gebruik. Ons ervaring is dat dit een van die hoofoorsake is van die oorskryding van die skyfkwota. Lees asseblief hieronder hoe dit reggestel kan word.
  • Rugsteun: Indien jou webwerf op ‘n “CMS” soos WordPress gebou is en deur SuproNet bestuur word, sal ons gereelde rugsteune skeduleer (bykomstig tot Hetzner se roetine van skyfrugsteun). Hoe groter jou webwerf, hoe meer skyfspasie sal die rugsteune gebruik. SuproNet bestuur hierdie proses en die gebruik van spasie en sal jou in kennis stel indien ‘n opgradering na ‘n groter huisvestingspakket benodig word. As jyself of iemand anders namens jou die webwerf bestuur, is jy verantwoordelik vir die maak van rugsteune en die spasie wat gebruik word.
  • Logs: Die besoeker- en gebruikslogs van jou webwerf gebruik van die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Dit gebruik gewoonlik nie baie skyfspasie nie maar kan groot word as die webwerf baie besoeke kry en/of vir baie jare loop. By verstek vee ons nie ou logs uit nie want jy mag dalk besoekneigings oor ‘n lang tydperk ontleed.

Indien e-pos die oorsaak is van die hoë gebruik van skyfspasie, kan jy een of meer van die volgende doen om die gebruik van skyfspasie te verminder:

  • POP: ‘n E-poskliënt soos Outlook of Thunderbird word gebruik:
    • Gaan jou rekeningopstellings na om te kyk wat gebeur met pos wanneer jy dit lees (aflaai). By verstek word dit uitgevee op die posbediener (“server”) maar dit kan opgestel word om die pos vir onbepaalde tyd of vir ‘n sekere tyd op die bediener te los. Indien dit opgestel is om pos onbepaald of vir ‘n lang tyd te los, verminder die tyd waarvoor dit op die bediener gelos word om die gebruik van skyfspasie te verminder.
    • Teken in met webpos (gebruik jou gebruikernaam en wagwoord soos vir POP) en gaan die volgende na:
      • Opstellings vir die hantering van gemorspos: Dit behoort opgestel te word om gereeld ou gemorspos wat in die gemorpsposmandjie (“spambucket”) versamel het, weg te gooi. Indien nodig, verstel dit om gemorspos vroeër uit te vee.
      • Vee gemorspos in die gemorsposmandjie uit.
      • Maak die “deleted items” mandjie leeg.
  • IMAP: ‘n E-poskliënt soos Outlook of Thunderbird word gebruik:
    • Indien jy IMAP moet gebruik, dan moet jy jou pos bestuur: Vee pos ontvang en pos gestuur wat jy nie meer benodig nie, uit. As jy dit nie gereeld doen nie, sal pos opbou op beide jou toestel en die bediener en voortdurend meer skyfspasie gebruik.
    • Indien jy nie regtig IMAP benodig nie, skakel oor van IMAP na POP. Die artikel “POP vs IMAP – What’s the difference?”verduidelik die verskil tussen die twee protokolle, hoe om die een te kies wat die meeste geskik is vir jou en hoe om van die een na die ander oor te skakel.
  • Webpos (“webmail”): Word gebruik as jou primëre manier vir lees en stuur van e-pos:
    • Oorweeg dit om ‘n e-poskliënt soos Outlook of Thunderbird te gebruik, eerder as webpos. Indien jy webpos gebruik omdat jy toegang tot e-pos vanaf verskillende toestelle benodig, kan dit ook vermag word met e-poskliënte deur IMAP eerder as POP te gebruik of deur die e-poskliënte op te stel om pos vir ‘n geskikte tyd op die bediener te los.
    • Jy sal jou pos moet bestuur om die gebruik van skyfspasie te verminder en binne perke te hou. In wese beteken dit dat jy gereeld beide ontvangde en gestuurde e-pos wat minder belangrk is, moet uitvee. Jy sal waarskynlik op ‘n stadium ‘n opgradering van jou huisvestingspakket benodig om meer skyfspasie te bekom aangesien e-pos maklik opbou. Selfs die groter skyfspasie sal uiteindelik ook te klein word as jy nie jou pos streng bestuur (uitvee) nie.

Hulp Benodig?

KONTAK ONS

For content updates or design changes, contact us in order to get a quote.

CONTACT US